Live-Band Hoof Blad Kontak Ons
Christoff Afrikaanse Sanger
Christoff Afrikaanse Sanger
Afrikaanse Sanger
Celebrity Bands
:: Book an Afrikaans band ::
:: Book a Comedy Band ::

Christoff - Afrikaans Sanger

Dis die lewensreis vanaf die blou berge van die Overberg, waar Christoff Beukes grootgeword het, na die strate van Johannesburg, wat die inspirasie is vir die liedjies op “Geraamtes van ‘n Droom”, sy debuut album.

Christoff het na skool begin kitaar speel en liedjiesskryf, maar ‘n onbeplande optrede by KKNK, 4 jaar gelede, het die wiel aan die rol gesit en kort daarna het hierdie Kapenaar Johannesburg toe getrek om ‘n musiekloopbaan te begin.

Alhoewel sy musieksmaak redelik wyd strek, is Bruce Springsteen, U2, Bob Dylan, Tom Waits en David Kramer baie defnitiewe invloede op Christoff se skryfstyl.
“David Kramer se “Jis,Jis,Jis” was die eerste album wat ek besit het. “Ek was te jonk om baie van die humor en sosiale komentaar te verstaan, maar die musiek en energie van sy optrede het met my gepraat. Veral “Botteltjie Blou”. Dis steeds my gunsteling afrikaanse liedjie…” sê Christoff.
Hoewel vergelyke getrek kan word musikaal na sy invloede, is dit die mense wat oor sy pad gekom het, wat die liedjies geinspireer het.
“Dis ‘n baie persoonlike album, soms te na aan die waarheid, maar dis nie iets waaraan jy dink as jy skryf nie.”

Christoff sing, speel kitaar en mondfluitjie op “Geraamtes van ‘n Droom”.


Boek Christoff met Live Bands.

:: Email live-bands ::
+27 (0)87 943 9437