Live-Band Hoof Blad Kontak Ons
Beeskraal
Beeskraal
Beroemde Afrikaanse Orkes
Celebrity Bands
:: Book an Afrikaans band ::
:: Book a Comedy Band ::

Beeskraal - Beroemde Afrikaanse Orkes

Beeskraal is ‘n erkende Afrikaanse rockgroep van Pretoria. Beeskraal bestaan alreeds 10 jaar lank en het al diep spore in die Suid Afrikaanse, Afrikaanse musiek bedryf getrap.

Kortelikse feite:
· Beeskraal het al vyf vollengte albums uit. Beeskraal se sesde album was in 2008 vrygestel.
· Verkope van altesame 60 000 + albums
· Beeskraal Eerste Suid Afrikaanse groep wat genooi was na die Ukkassie fees in London
· 2002 Enigste Afrikaanse groep wat optree tydens Vryheidsdag te Uniegeboue op aandrang van die regering.
· 2003 het Beeskraal saam met MANDOZA enigste ander Suid Afrikaanse kunstenaar tydens die World Food Hunger Concert te FNB stadion.
· Musiek van Beeskraal word deur twee Suid Afrikaanse sielkundiges gebruik om V.S.A 9/11 trauma pasiënte te rehabiliteer.
· Musiek van Beeskraal is op speellyste van verskeie nasionale sowel as gemeenskapsradiostasies
· Beeskraal het al verskynings gemaak op programme soos Geraas, Pitstop, Dis Hoe dit is met Steve, Kwêla, Pasella, Draadloos, mk89, 7de Laan, Villa Rosa ens.

· 2003 word Beeskraal benoem vir SAMA toekenning vir Beste Rock Groep tussen Sugerdrive, Nude Girls en Wonderboom
· 2004 nominasie vir Pendoring Reklame toekenning te AARDKLOP
· 2005 nominasie vir Huisgenoot Tempo toekennings vir Beste Rock groep.
· 2003 wen Beeskraal die Kanna Toekenning (KKNK) vir Beste Afrikaanse Groep
· 2003 wen Beeskraal die Geraas (SABC 2) Musiek Toekenning vir Beste Rock Groep
· 2004 ontvang Beeskraal 'n ere toekenning van die ATKV vir bydrae en bevordering van Afrikaanse Rock Musiek
· 2005 ontvang Beeskraal die VONK tydskrif Toekenning vir Beste Groep en Album vir 2004
· 2006 op groot aanvraag baie suksesvolle toere in London gespeel
· Belgiese regering nooi Beeskraal uit na die jaarlikse Belgiese volksfees
· 2006 word Beeskraal weer deur die Nelson Mandela Tourism Board genooi om saam Mandoza op te tree op Nelson Mandela Bay Beach
· 2007 span Beeskraal kragte saam met ander musikante o.a MD Greyeling, Adam Tas, Elizma Theron en Steve Hofmeyer om plaasmoorde te stop.
· 2007 word Beeskraal genooi vir Highveld Stereo en Rapport se RAW Rocks konsert te Sun City Superbowl saam met Karen Zoid, Theuns Jordaan, Klopjag
· 2007 Nominasie vir Vonk toekennings vir Beste Rock Album saam Fokofpolisiekar en Snotkop
· 2007 maak Beeskraal ook ‘n verskyning op BBC News Live vanuit London tydens die IRB Wêreld Beker te Fankryk

· Beeskraal doen ook baie liefdadigheidswerk in hul gemeenskap en is nou betrokke by Woman Against Rape, Stop geweldmisdaad aksies, Helpende Hand, DBV, en Wolmertrust vir minder bevooregtes.

Van Beeskraal se treffers sluit in:

  • Pringlebaai
  • Af
  • Innie Vuur
  • Heel Somer Lank
  • Stop die Moorde
  • Die ou Man
  • Verbrande Liefde
  • Roots en Boots
  • Doer inni Boemdoe
  • Blinkvos Perd
  • In haar woonstel
  • Lekker Lisa
  • Piering Oog
  • Cowboy van die Boland
  • Hoog inni Laeveeld
  • In haar woonstel
  • Bar in Benoni
  • Daisy
  • Strate van Pretoria
  • Huis toe
  • Plaasdorp
  • Zol

Live bands is an entertainment agent and does not personally manage Beeskraal.

Bespreek Beroemde Afrikaanse Orkes Beeskraal met Live Bands.

 

Epos Live-Bands
+27 (0)87 943 9437