Live-Bands Hoof Blad Kontak Ons
Steve Hofmeyr
Beroemde Afrikaanse Sanger
Celebrity Bands
:: Book an Afrikaans band ::
:: Book a Comedy Band ::

DJ Ossewa - Beroemde Afrikaanse Orkes

Die gewilde groep DJ Ossewa se nuwe album is pas vrygestel en spesiaal vir hulle getroue ondersteuners. “Die Groot trek… tot nou” is DJ Ossewa se gewildste en gunsteling treffers en die CD is vrysgestel op publieke aanvraag. Hierdie nuwe CD is plofbaar en baie aansteeklik! Net reg vir ‘n lekker partytjie! Die album bestaan uit 16 snitte, waarvan 11 nuwe opnames is. DJ Ossewa vermaak met lekker lewendige komiese dansmusiek wat die dansvloere heelaand volhou en die gehoor op hulle voete hou…. En natuurlik die wiel aan die rol hou!!!
Daniel Jacobus; Raapie Knapie, Piet Pompies en Jerbes die Leeuboer is ‘n huishoudelike naam in die Afrikaanse Musiekbedryf en die groep se gewildheid groei daagliks. Hierdie manne het hulself reeds deur-en-deur bewys as een van die groot suksesstories van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Met hulle Progressiewe Alternatiewe Boere Afrikaanse Musiek het hulle ‘n mark en genre van hul eie geskep en kraai hulle koning. Ossewa-woema is hulle eie, baie persoonlike nismark.

Hulle wenresep om kultuur van toeka tot nou te vermeng maak van DJ OSSEWA moderne Africana en ‘n inheemse produk om op trots te wees. Agtergrond van DJ Ossewa: DJ Ossewa het sy ontstaan gehad op die plaas Ossewasrus sowat 5 jaar gelede. Die DJ staan eintlik vir Daniel Jakobus, wat die musikaalste van die klompie afrikaners is. Die Ossewa spreek vanself, aangesien die groepie manne almal baie kultuurvas is en dan nog op die plaas ook grootgeword het. Die groep bestaan uit 4 lede. Daar is Daniel Jakobus, Piet Pompies, Raapie Knapie en Jerbes die Leeuboer. Laasgenoemde is eintlik maar n kennis, van die buur plaas. Daniel, Raapie en Piet bly almal op Ossewasrus saammet Ouma Sanna Beskuit. Almal is familie op die plaas…Raapie en Daniel is broers en Piet is hul nefie. DJ Ossewa se grootste
en gewildste treffers! Soos almal weet, is dit nie ‘n maklike lewe deesdae om ‘n boer te wees nie, en toe dit so ‘n klompie jare gelede begin agteruit gaan met die boerdery, agv omstandighede, het Ouma Beskuit besluit om die klompie manne almal in een kraal te gooi, en hul na tante Koba toe gestuur vir sanglesse. Al was hul nou nie uitstaande boere nie, agv hul swak sig, kon hulle darem so nou en dan ‘n noot hou, en ook ‘n ordentelike partytjie hou. Dis toe waar alles gebeur het. Na maande se voorbereiding en hard oefen het DJ Ossewa sy ontstaan gehad, en daarmee saam hul eerste konsert. Dit het so vinnig gekom en gegaan, en voor hulle hul oë kon uitvee was dit verby en het daar al hoe meer besprekings na hul kant toe gekom van regoor die land. DJ Ossewa het n wen resep gekry, lekker Afrikaanse dansmusiek met ‘n komiese, lewendige vertoning. Konsertina, trekklavier, kitaar, mondfluitjie, lekker tradisioneel, met polsende ritmes en moderne Afrikaanse klanke. Die manne van DJ Ossewa moes bondstaan want almal wou saam op die wa klim en die partytjie geniet. Nie lank daarna nie, is hul eerste volwaardige album vrygestel met die titel “Boeresports” en alhoewel dit nou nie superster status gekry het nie, was dit die eerste groot tree in die Afrikaanse musiek wereld vir die klomp opskoppers. Na sowat n jaar is hul tweede album “Voor oppie wa” bekendgestel, en die cd het die volk behoorlik aan die gons gehad. Daar was skielik sprake van ‘n DVD, en oral het mense DJ Ossewa aangemoedig om hul mannewales op kamera vas te lê. So gesê, so gedaan, en hul eerste DVD “Heeltemal Lewendig” het sowat ‘n jaar gelede die winkelrakke, en die sitkamers met n geweldige plofslag getref. Onlangs in 2007 het die manne van DJ Ossewa hul derde album die lig laat sien Vannie os oppie jas, wat ‘n dubbel album is en 35 liedjies bevat. Hul het die album goed deurdink en daar is ietsie vir almal om aan te smul. Hul 2de volwaardige DVD"Manne-wa-lus" het in 2009 verskyn en blitsvinnig goue status bereik, nes die eerste dvd. Manne-wa-lus het ook die Huisgenoot Tempo Toekenning gewen vir gewildste DVD van 2009.

DJ Ossewa beskryf hul musiek as Progresiewe Alternatiewe Boere Afrikaanse Opskop Dansmusiek, n heel nuwe genre in Afrikaanse musiek vermaak. Vandag reis DJ Ossewa reg oor die land en maak musiek vir almal wat wil luister, en saam kuier. Oud en jonk spring op en af by vertonings, skouer aan skouer. Pa en seun speel die musiek ewe hard in die motor, en oupa het weer n spring in sy stap. Die groep doen tans tussen 120 en 150 vertonings per jaar en was al op verskeie TV programme as gaste, en by n groot aantal feeste. Nou mik DJ Ossewa ook buiteland toe, om die afrikaans sprekendes te gaan vermaak daar ver oor die diep blou water. Maar DJ Ossewa bly nederig, en as hul nie op die pad is nie, is hul hard aan die werk op Ouma Beskuit se plaas met hul daaglikse take. DJ Ossewa is dalk nie multi miljoenêrs nie, ook nie Supersterre nie, maar een ding is verseker..........Hul kan Rock in hul taal, en solank daar mense is wat luister, sal die
ossewa se wiele geolie bly.

Van Dj Ossewa se top treffers sluit in:

  • Ossewa vir altyd
  • Gee my n stukkie (DJ Johnny, Waterkloof mix)
  • Hartbeeshuis
  • Die Donkie
  • Die lewe van n boer
  • Ons roep alle Afrikaners
  • Voetsek kom terug
  • Sexy Meisie
  • Tannies eet koek
  • Ossewa
  • Rock Pop
  • Ek wil jou hê
  • Waar kom babas vandaan?
  • Stroopsoet Keurspel
  • Brul as jy wil
  • Stamp jou voete
  • Rontomtalietyd
  • Gaan Bos Keurspel
  • Bosveldbul
  • Lekker bydi strand
  • Je taime La Bokke
  • Ons het die gees
  • Bokveld toe
  • Bulle blou
  • Die bokkejol
  • Rugby onthaal
  • Mannetjies Roux
  • Onverskrokke (Rugby Wêreldbeker 2007 mix)
  • Sarie Marais
  • Bosveldbar
  • Zambesi
  • Warm patat

Live bands is an entertainment agent and does not personally manage Dj Ossewa.

Bespreek beroemde Afrikaanse orkes DJ Ossewa met Live Bands.

 

Epos Live-Bands
+27 (0)87 943 9437