Die musiekbedryf staan verstom oor die spoed waarmee Gerhard Steyn as Afrikaanse kunstenaar groei.
Gerhard Steyn is n man met “presence” die X- faktor en is een met sy kitaar en Afrikaanse musiek. Gerhard Steyn se voorkoms, sang, persoonlikheid, en talent as liedjieskrywer maak Gerhard Steyn gewild by oud en jonk en sy bewonderaars is onder die vroulike en manlike geslag. Alles het op 16 jarige ouderdom begin met ‘n klein bokskitaartjie en ‘n kitaarhandleiding langs hul swembad by sy ouerhuis op die platteland.
Gerhard Steyn maak sy debuut in 2000 deur saam met Lianne Heyl (Boeboe van Vetkoek Paleis op te tree) Hierna begin Gerhard Steyn optree saam met Naas De Jager as die duet-groep Windpomp. Buiten optredes/sing , liedjies skryf , oorklankingswerk, akteur wees ,waar Gerhard Steyn te sien was in Sewende Laan en in Frans Marx se reeks The Res , het hy ook as vryskut joernalis vir die Vonk Tydskrif op getree. As liedjieskrywer is van Gerhard Steyn se werk deur Dozi, Jacques De Koning, Robbie Klay , Karin Ferreira ,Annel Botha en Rudi Muller opgeneem. Gerhard Steyn het ook die produksies van kunstenaars soos Annel Botha behartig.
Solo optrede met Gerhard Steyn en sy kitaar soos wat almal hom leer ken het bly ‘n goeie opsie. Gerhard Steyn se aanhangers kan hom ook met sy orkes beleef en dit is ‘n wenresep. Gerhard Steyn as kunstenaar kom tot sy volle potensiaal en dit is juis in die optredes wat ‘n mens besef waarom die media en ander musikante hom beskou as die volgende legende. Gerhard Steyn het juis in hierdie optredes vele maal gesorg vir gehore wat opgestaan en hom uit volle bors toejuig.
Gerhard Steyn het nou 4 albums op sy kerfstok. Sy Debuutalbum “Teen die Berg” is in 2004 uitgereik. Elke liedjie het ‘n storie , ‘n boodskap. Daarna het “16 Songs” in 2006 gevolg. Dit is ‘n profielalbum wat hom as Afrikaanse kunstenaar met ‘n unieke klank en styl vestig. Sy derde album “Breekbaar” wat in 2008 uit gereik is dra die stempel van Afrikaanse oorspronklikheid en is gepas kontemporer. Elke woord kom uit Gerhard Steyn se eie pen. Vir elke aanhanger en bewonderaar is daar ‘n gunsteling: Baby Tjoklits, Sexy Jeans, Pennies en Ponde , Breekbaar en vele meer.
Gerhard Steyn se Afrikaanse liedjies handel oor persoonlike filosofie, lewenslesse, ervarings, hartseer, blydskap en die vrae wat mense het. Voorwaar die spieelbeeld van God gegewe talente en gawes, kreatiwiteit en deursettingvermoe.
Gerhard Steyn se vierde Afrikaanse album “Als Begin Eers Nou “wat in Maart 2010 die rakke getref het is ‘n cd wat opwinding in jou are laat bruis en ritme in jou lyf sit. Dit is uniek, vars , verfrissend met tonne energie. Elke snit is ‘n treffer en het die belofte om sy aanhangers gaande te he. Hierdie Afrikaanse album is ‘n weghol wenner wat Gerhard Steyn beklemtoon as SA se Blou Oog Gunsteling
Gerhard Steyn se DVD 17 Songs op 17 Mei Live@Emperors is modern en energiek, met goed deurdagte en interessante afwisselinge wat die DVD uniek maak.
Gerhard Steyn het ‘n klein hartjie en ‘n passie vir mense. Gerhard Steyn vergewe maklik, is oorspronklik en ambisieus. Gerhard Steyn glo jy moet jou drome volg met alles wat in jou is. Gerhard Steyn dink soos ‘n kampioen en is nie bang vir uitdagings of onbekende terreine nie. Gerhard Steyn se talent , potensiaal, uniekheid, dryfkrag en visie maak hierdie kunstenaar uitsonderlik.
Met al hierdie talente en seeninge bly Gerhard Steyn nederig met sy voete plat op die aarde en gee mildelik erkenning aan Sy Skepper en diegene wat in hom glo en ondersteun.
Van Gerhard Steyn se Afrikaanse treffers sluit in:
- Baby Tjoklits
- Sexy Vere
- Laaste Asem
- Voel so Goed
- Silwerster
- Belowe Jou
- All for love
- Sonder jou hier
- Vasgevries
- Breekbaar
- Soek jy my
- Jy's my beste pel
- Peter Pan
- Huistoe gaan tyd
- Bel my
- Hart se mure
- Bel my
- Ou Matras
- Bloubulmeisie
Live bands is an entertainment agent and does not personally manage Gerhard Steyn.
Bespreek Beroemde Afrikaanse Sanger Gerhard Steyn met Live Bands nou.
|