Live-Bands Hoof Blad Kontak Ons
Jack Parow
Jack Parow
Jack Parow
Celebrity Bands
:: Book an Afrikaans band ::
:: Book a Comedy Band ::

Jack Parow - Beroemde Afrikaanse Rapper

Hello, my naam is Jack Parow. Ek hou van Afrikaans. Ek hou van rap. Ma' rap is boring en is oorval met mense wat nie weet wat hulle doen nie. Jack Parow is hier om hulle almal te wys hoe om dit reg te doen. Jack Parow maak musiek saam met sy vriende. Jack Parow hou van drink, gevaarlike karre, gevaarlike paarties, gevaarlike cherries, braai en rugby. Jack Parow se musiek lat jou glimlag. Jack Parow se musiek lat jou huil. Jack Parow se musiek lat jou dans en Jack Parow se musiek lat jou dink. Ek het groot geword op die strate van Bellville en Parow en in die Wonderland games arcade in Tygervalley. Ek rook Dunhill sigarette en drink Wellington brandy. Ek hou nie so baie van sokker nie, want ek verstaan nie die reƫls nie, ma' ek is besig om te leer, so hopelik hou ek gou daarvan. Ek hou nie van mense wat nie hou van Afrikaans nie. My song "Die Vraagstuk" saam met Die Heuwels Fantasties som my goed op, so luister dit. My musiek is eerlik. My naam is Jack Parow, romantiese Afrikaanse superster rapper. Kief Kief.

Van Jack Parow se top treffers sluit in:

  • Cooler as ek
  • Doos Dronk
  • Die Vraagstuk
  • Onder Draai Die Duiwel Joints
  • Wat Pomp
  • Ma se Mooiste Kinders
  • Brackenfell Boys Choir

Live bands is an entertainment agent and does not personally manage Jack Parow.

Bespreek Beroemde Afrikaanse Rapper Jack Parow met Live Bands.

 

Epos Live-Bands
+27 (0)87 943 9437