Live-Bands Hoof Blad Kontak Ons
Juanita Du Plessis
Juanita Du Plessis
Beroemde Afrikaanse Sangeres
Celebrity Bands
:: Book an Afrikaans band ::
:: Book a Comedy Band ::

Juanita Du Plessis - Beroemde Vroulike Afrikaanse Sangeres

In 1998 het Juanita Du Plessis sangloopbaan met alle erns begin – met Juanita Du Plessis se debuut album Juanita.  Daardie jaar wen Juanita Du Plessis die CMA (Country Music Association in Namibië) se toekennings as die beste sangeres, die beste liedjieskrywer en dié vereniging se president toekenning vir uitsonderlike prestasie.  In daardie stadium was Juanita Du Plessis toe al lid van Jupidu, saam met haar man, Doepie, haar broer Pieter, en hul vriend Rennie Strauss.  Jupidu was uiters gewild by Namibiërs, maar haar reeks toekennings en ‘n bedrywige naweekdagboek was nie vir Juanita Du Plessis genoeg nie.  Sy het toe al geweet haar liedjies is stérk genoeg.  Juanita Du Plessis het bloot aanhou skryf, met die wete ‘n nuwe album sou haar die deurbraak besorg waarop sy wag.  Maar Juanita Du Plessis het nie geld daarvoor gehad nie.

Gelukkig het baie invloedryke mense haar talent geëien en Juanita Du Plessis kon genoeg borge werf om ‘n CD op te neem.  Die album Ek en Jy is gebore – met Ska-Rumba as ‘n bonussnit... In 2000 onderhandel Juanita Du Plessis en die platebaas Pierre van der Westhuizen van Maroela-Musiek.  Pierre het onmiddellik geweet Juanita Du Plessis kán ...

Hy’t haar ‘n platekontrak aangebied en die album ook in Suid-Afrika uitgereik.  In 2001 bereik die album dubbelplatinumstatus (met verkope van oor die 100 000) en Juanita Du Plessis wen twee SABC2-Geraas toekennings:  album van die jaar en liedjie van die jaar:  Ska-Rumba.  In 2002 word Juanita Du Plessis se derde album, Dis Waar Ek Wil Wees (met die treffer Patayo) uitgereik, en Juanita Du Plessis se drome word die een na die ander bewaarheid.  Juanita Du Plessis se dagboek is vol en al haar albums vorentoe bereik minstens platinumstatus;  die meeste dubbelplatinum.  Juanita Du Plessis skep die een treffer album na die ander.  Van die dubbelalbum Jy Is... (met ‘n bonus-CD waarop sy Pussycat se musiek sing) lewer die treffer Lepellê op in 2003.  En Juanita Du Plessis word die eerste Afrikaanse sangeres wat die eerste plek op RSG se amptelike Top 20-treffersparade haal en drie weke agtereenvolgens boaan bly!

In die volgende vyf jaar verander die Meisie van Suidwes se lewe drasties.  Die Du Plessis-gesin moet ‘n moeilike besluit neem, van hul geliefde moederland afskeid neem, Suid-Afrika toe verhuis en ‘n vesting in Pretoria vind.  Met nog drie sekulêre albums – Bly By My, Jou Skaduwee en Volmaakte Kring, die gospelalbums Altyd Daar en Vlieg Hoog en die DVD’s In Konsert, Altyd Daar:  Live op Aanvraag en Bring Jou Hart (in konsertduet met Theuns Jordaan) herskryf Juanita Du Plessis weer die Suid-Afrikaanse musiekrekordboek en behaal verkope wat die miljoenkerf verbysteek.

Van Juanita Du Plessis se top treffers sluit in:

  • Mengelmoeskardoes
  • Ska-Rumba
  • Lepellê
  • Nou wat nou
  • Bly by my
  • Boerejol
  • Is dit jy
  • 'n Duisend soene
  • Sonder jou
  • Daar
  • Ek en jy
  • Bulle
  • Young Hearts
  • Pussycat Keurspel
  • Tussen Woorde
  • Vlieg Hoog
  • Ons Koning kom
  • Jy is...
  • A letter to daddy
  • In die hemel
  • Meisiekind
  • Grandpa

Live bands is an entertainment agent and does not personally manage Juanita Du Plessis.

Bespreek Juanita Du Plessis met Live Bands.

 

Epos Live-Bands
+27 (0)87 943 9437