In 1984 het die onafhanklike platemaatskappy Shifty Records 'n album met die naam Wie is Bernoldus Niemand van die kunstenaar van James Phillips uitgegee. Koos Kombuis, wat toe nog as André le Toit bekendgestaan het, het in 1986 'n kopie van die album op die Groentemarkplein in Kaapstad gekoop. Koos Kombuis is sodanig deur die album geïnspireer dat hy self 'n demonstrasie-kasset opgeneem het en aan Shifty gestuur het. Lloyd Ross van Shifty het Koos Kombuis laat weet dat hy hom wou opneem. 'Ver van die ou kalahari' is in Mei 1987 in Johannesburg opgeneem.
In Johannes het Koos Kombuis dan ook vir James Phillips ontmoet het en op Phillips se uitnodiging na Jameson's gegaan het. Shifty se verspreiding van Koos Kombuis se album aan kampus radiostasies sou lei tot Koos Kombuis se ontmoeting met Dagga-Dirk Uys wat aan die hoof van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat se radio stasie was. Koos Kombuis sou Ralph Rabie (later Johannes Kerkorrel) ontmoet toe Rapport hom gestuur het om in Kaapstad met hom 'n onderhoud te voer. Die onderhoud sou lei tot gesamentlik optredes by die Black Sun waar Jannie "Hanepoot" van Tonder en Willem Moller by Koos Kombuis, Kerkorrel en Uys aangesluit het om die Gereformeerde Blues Band te vorm en die 'Eerste Alternatiewe Afrikaanse Rock-Konsert' wat op 25 Maart 1988 in die Pool Club in Von Wielighstraat in Johannesburg gehou is.
Phillips, onder die naam 'Bernoldus Niemand en die Daggarokers', Koos Kombuis en die Gereformeerde Blues Band het saam opgetree in die Shifty Music Festival by die Market Warehouse wat in November 1988 gehou is. Dit was die platform waarvan af die 'Voëlvry' album gelanseer is. Die album het 'n versameling van die beste alternatiewe Afrikaanse musiek bevat waar Bernoldus Niemand saam met die Gereformeerde Blues Band, Koos Kombuis, Die Kêrels, Khaki Monitor, The Genuines, Randy Rambo en die Rough Riders en Pieter van der Lugt verskyn het. Die Alternatiewe Afrikaanse Musiekbeweging sou 'n hoogtepunt bereik met die landswye Voëlvrytoer waaraan Phillips in sy Bernoldus Niemand gedaante saam met die groep die Swart Gevaar sou optree.
Op 25 Maart 1988 was Koos Kombuis, as Koos Kombuis, een van die sleutel figure in die 'Eerste alternatiewe Afrikaanse rockkonsert' wat in die Pool Club in Johannes gehou is. Ander kunstenaars wat aan die konsert deelgeneem het sluit in die Gereformeerde Blues Band, Koos, The Genuines, Die Kêrels, en Bernoldus Niemand en die Swart Gevaar. Die konsert is deur Dagga-Dirk Uys en Boogy Gottsma gereël en kan gesien word as die begin van die Alternatiewe Afrikaanse musiekbeweging.
Van Koos Kombuis se top treffers sluit in:
- Lisa Se Klavier
- Boer In Beton
- Johnny Is Nie Dood Nie
- Onder In My Whiskeyglas
- Bicycle Sonder Slot
- Travel In Staail
- Springbokheld
- Rooi Kombuis
- Kytie
- Winterkind
- Lalie
- Huisie By Die See
- Babilon
- Verslaaf Aan Ruk En Rol
- Ou Tannie-Blues
- Oumense Moenie in die Water Mors nie
- Reconciliation Day
- Mercy Me
- < Fat Cat Piete
- Baas Jack
- Die Einde van die Reënboog
- Katrina - The Aftermath
- Johnny is nie Dood nie
- Matjiesfontein
- Anderkant die Longdrop
Live bands is an entertainment agent and does not personally manage Koos Kombuis.
Bespreek Koos Kombuis met Live Bands.
|