| Kurt Darren is in Pretoria gebore en het aan die Hoërskool Lyttelton Manor matrikuleer. Kurt Darren het sy besondere sangtalent by sy ma geërf. Op skool het Kurt Darren aan verskeie musiekspele deelgeneem, en meen dat hy al van jongs af in musiek belang gestel het. Wat min mense weet is dat Kurt Darren ten volle tweetalig is, te danke aan sy pa wat Afrikaanssprekend en sy ma wat Engelssprekend is. Sy ongelooflike talent as liedjieskrywer en sanger, in beide tale, het sy gretigheid om in albei tale te vermaak, en mee te voer, verwesenlik. Na matriek is Kurt Darren weermag toe en doen hy sy basies in Walvisbaai. Kurt Darren se wens was om aan die weermag se vermaaklikheidsgroep te behoort, en dit gebeur toe ook so. So toer Kurt Darren vir n jaar saam met die boere-orkeslede van die weermag, en besef dat hy sy lewenslange droom, om 'n sanger te word, wil najaag. Kurt Darren word toe afgeraai deur mense wat sê dat Kurt Darren nie 'n bestaan kan maak deur 'n sanger te word nie.
Kurt Darren probeer toe maar 'n paar ander beroepe, soos om 'n wildbewaarder te word in die Kruger Nasionale Wildtuin, (die natuur lê hom baie na aan die hart), en tree ook as toergids op. Met meeste van Kurt Darren se familie in die boubedryf, beproef Kurt Darren dit ook, maar nie vir lank nie. Kurt Darren besluit toe om voltyds te begin sing. Dertien jaar lank het Kurt Darren, balladesanger, roerloos op 'n stoeltjie met 'n mikrofoon gesit by korporatiewe geleenthede, kroeë en ander klein vergader-plekke. Van die een dorp na die volgende, het Kurt Darren sy eie klankgereedskap vervoer, afgelaai, opgestel, afgestel en weer opgelaai. Kurt Darren het ook sy eie klank gedoen. Kurt Darren is trots om te noem dat hy deur sy sangloopbaan al deel was van 'n paar "groepe", hierdie sluit in, onder andere: "Deep Blue" en "Keep Your Day Job".
Kurt Darren het altyd geweet dat sy deurbraak gaan kom. Toe tree Kurt Darren drie maande lank op 'n passasierskip op, verloor 'n paar kilogram en sny sy hare (vir die wat nie weet nie, Kurt se hare was skouerlengte vir n hele rukkie). En toe is Kurt Darren reg en energiek vir "Meisie Meisie" - en die roem - toe dit eensklaps oor Kurt Darren se pad kom in 2002. Deesdae toer Kurt Darren die land vol, en selfs buitelands, op 'n groeiende basis. Kurt Darren se eerste album "For Your Precious Love" was in 1995 uitgereik. Kurt Darren is al lank bedrywig met musiek en van sy grootste drome is bewaarheid. Naas 'n dosyn solo-albums, pryk sy trefferstem ook op vele saamgestelde CD's. Kurt Darren is al vir sewe agtereenvolgende albums besig om die golf van sukses te ondervind, Kurt Darren is van plan om nog vir n baie lang tyd in die bedryf te bly en mense te vermaak met sy musikale talent. Kurt Darren het 'n ongelooflike passie vir musiek, en wil sy Godgegewe gawe met ieder en elk deel.
Van Kurt Darren se top treffers sluit in:
- hierdie boer soek ‘n vrou
- dans in Afrikaans
- mooier as hardlooprugby
- oos wes tuis bes
- I Will Always Love You
- Home
- I Will Love You All My Life
- Wonderful Tonight
- Umbrella
- Kom Bietjie Hier
- Tien Uit Tien
- Kom Huis Toe
- SOS Help My
- Wings Of Luv
- Love Is In The Air
- All I Need Is You
- My Facebook Song
- Kaptein (Span Die Seile)
- Af En Af
- Papsopwinterwaternat
- Voorwaarts Mars
- Boeretroue
- Voorwaarts Mars
- Standing On The Edge
- Lekker Verjaar
- Slaap my kind
- Vat My, Maak My Joune
- Everybody Loves (South African Girls)
- Jy´s My Engel
- Vat Vanaand ´n Kans
- Sê Net Ja!
Live bands is an entertainment agent and does not personally manage Kurt Darren.
Bespreek Kurt Darren met Live Bands.
|