Live-Bands Hoof Blad Kontak Ons
Ray Dylan
Ray Dylan
Beroemde Afrikaanse Sanger
Celebrity Bands
:: Book an Afrikaans band ::
:: Book a Comedy Band ::

Ray Dylan - Beroemde Afrikaanse Sanger

Ray Dylan is al sedert 2002 een van Suid-Afrika se mees geliefde sangers met sy debuutalbum 'New Kid in Town'. Sedertdien het Ray Dylan al verskeie hoogtepunte beleef, onder andere duette saam met Nicholis Louwen Karen Zoid.

Ray Dylan is 'n volronde kunstenaar geseën met een van die beste stemme in Suid-Afrikaanse musiek - 'n veelsydige kunstenaar met energieke optrede wat die elektriese kitaar laat kreun. Met polsende ritmeplukkers en sielstrelende ballades bied Ray Dylan se albums wydtreffende musiek.

Ray Dylan het begin deur gigs in pubs en klubs te speel en vandag spog hy met 'n rits Afrikaanse treffers, onder andere Wys my hoe; Soek jou Hier, Soek jou Daar; Hokaai Stoppie Lorrie; Dis Verby; Hier binne klop 'n Boerehart; Breek die Ys en Jessica.

Ray Dylan is gebore Jacobus Frederik Jersich op 15 Augustus 1978 te Odendaalsrus. Vandag woon hy in die Vrystaatse dorpie Parys.

Van Ray Dylan se top treffers sluit in:

  • Hoe Kan Ek Weet
  • Breek Die Ys
  • Jy Maak My Mal
  • Hier's Ons Nou
  • Ons Soek Net Country
  • Wanneer Laas
  • To All The Girls I've Loved Before
  • Verskoning
  • Kom Terug
  • 7 Dae 7 Nagte
  • Wat Van Nou
  • Ek Het Jou Nodig
  • Live On
  • Asemloos
  • Kry Jou Ry
  • Die Meisies
  • Dit Is Myne
  • Major Tom
  • Jessica
  • Here I Am
  • Why Don't You Spend The Night
  • Heart
  • Folsom Prison Blues
  • My Special Prayer
  • Lucille
  • Islands In The Stream
  • From A Jack To A King
  • Cry To Me
  • Help Me Make It Through The Night
  • Distant Drums
  • Wasted Days And Wasted Nights
  • Put Your Hand In The Hand
  • Patches
  • Blue Eyes Crying In The Rain
  • Rocky

Live bands is an entertainment agent and does not personally manage Ray Dylan.

Bespreek Ray Dylan met Live Bands nou.

 

Epos Live-Bands
+27 (0)87 943 9437