Live-Bands Hoof Blad Kontak Ons
Robbie Wessels
Beroemde Afrikaanse Sanger
Celebrity Bands
:: Book an Afrikaans band ::
:: Book a Comedy Band ::

Robbie Wessels - Beroemde Afrikaanse Sanger

 

Robbie Wessels is 'n Vrystater gebore, maar ná 'n paar jaar in die Kaap is hy Pretoria toe om drama te studeer. Later het Robbie Wessels bekend geword as die karakter Poena in die gewilde TV-reeks Gauteng-alêng-alêng en in 2002 en toe weer in 2005 verras Robbie Wessels met sy talent as sanger en liedjieskrywer met die album 'My Vissermanvriend se Pa'. Van die treffers op die album is 'Hou Vas Jou Matras', 'Waar Lê Jy Vanaand?' en 'Verbode Vrugte'. Die album het meer as 120 000 eenhede verkoop.
Robbie Wessels word in 2005 by die Huisgenoot Tempo-toekennings as die gunsteling nuweling aangewys en in 2006 word Robbie Wessels se tweede album, Halley se Komeet, by die KKNK vrygestel. Die reuse trefferliedjie 'Leeuloop' word deur Vodacom gebruik vir hul advertensieveldtog en skielik weet die hele land wie Robbie Wessels is.

'Poena is Koning', 'n trefferfliek met Robbie Wessels in die hoofrol, word in 2007 vrygestel en is 'n reuse sukses by die kaartjiekantoor.

Ná 'n lang wag is Robbie Wessels se derde album, Afrika Sonsak, eindelik in Julie 2009 op die rakke. Dit bewys weer Robbie Wessels se talent as sanger en liedjieskrywer asook sy ongelooflike vermoë om aan die een kant liedjies te skryf wat jou diep raak en aan die ander kant liedjies te skryf wat jou laat skater van die lag.

"Ek is 'n rustige ou wat lief is vir my land, my familie en 'n glasie rooiwyn so nou en dan," sê Robbie Wessels. "Afrikaanse musiek is nog een van my liefdes en ek hoop dat ek 'n bydrae kan lewer. Dit is 'n plesier om vir die land en sy mense op te tree."
Robbie Wessels is op 30 Oktober 1980 gebore en het op 'n plaas, Hamiltonsrus, in die Kroonstad-distrik grootgeword. Robbie Wessels pa het met mielies, koring, aartappels en wild geboer. Robbie Wessels was aanvanklik op Sentrale Volkskool in Kroonstad op skool. "Ek het selfs op 'n keer vir ses maande kitaarles geneem, maar het later besluit om eerder rugby te speel. Dit is mos wat 'n boerseun moet doen," sê Robbie Wessels. Op laerskool het hy begin toneel speel. "My eerste drama juffrou was Hannelie Muller en sy het my gedigte en prosa geleer en ek het in al haar skoolkonserte gespeel."

Op Hoërskool Kroonstad kry Robbie Wessels die inspirasie van menige van die liedjies wat hy later sou skryf. "Ek het daar verstand gekry en dit is die mense wat ek die beste ken," sê hy. "Een van die liedjies, Hou Vas Jou Matras, gaan juis oor my koshuisvriend Henno de Vos."
In 1997 verkoop Robbie Wessels se ouers die plaas en trek hulle Kaap toe waar Robbie Wessels in 1998 matriek slaag. Hy het drama aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie studeer en sy eerste professionele rol was in die radiodrama Blinkwater. Robbie Wessels was later ook te sien in Hart van Staal, 7de Laan en Isidingo.
Van Robbie Wessels se top treffers sluit in:

  • Afrika Sonsak
  • Player 23
  • Liewe Ouers
  • Is jy vry?
  • Dis Verby
  • Sien in die Hemel
  • jy
  • Asseblief my lief
  • Hartswater
  • Skinnidip
  • Leeuloop
  • Aan jou van my
  • Staan terug vir die manne in wit
  • Sewe Velle
  • Die man in die parkie
  • Waar le jy vanaand
  • Hou vas jou matras
  • Prop
  • Verbode Vrugte
  • Reënboognooi
  • John West
  • Bones

Live bands is an entertainment agent and does not personally manage Robbie Wessels.

Bespreek Robbie Wessels met Live Bands nou.

 

Epos Live-Bands
+27 (0)87 943 9437