Live-Bands Hoof Blad Kontak Ons
Snotkop
Snotkop
Beroemde Afrikaanse Sanger
Celebrity Bands
:: Book an Afrikaans band ::
:: Book a Comedy Band ::

Snotkop - Beroemde Afrikaanse Sanger

Meer as 35 duisend albums al verkoop, 3 MK89 Musiek Toekennings, Vier nommer een treffers, drie Huisgenoot Tempo toekenning nominasies, 'n VONK Toekenning, 2 SAMA nomiasies vir beste Afr DVD en beste Afrikaanse Pop Album. Snotkop se eie, baie populere program op MK 89 genaamd 'Petrolkop' en vol gepakte sale by al sy live shows! Snotkop is die nuwe Pop-Rock sensasie wat die land behoorlik aan die ROCK het!

Snotkop, of te wel Francois Henning, maak groot golwe met sy Afrikaanse albums wat die jeug en die jong van hart aanspoor om op te staan vir hulle regte, te glo in hulle individualiteit en om te paartie dat die uile huil en is baie passievol om sy boodskap oor te dra aan Suid Afrika se jeug van die GOOT GEVARE van DWELMS.

Gebore en groot geword in Johannesburg, Randburg, het Snotkop vinnig sy passie vir musiek ontdek en het reeds op die ouderdom van 10 begin om 'Demo kasette' op te neem en na plaatemaatskappye te stuur. Niks kon Snotkop keer nie en het op 19 sy eerste Plate kontrak losgeslaan by een van die land se top plate matskappye 'GALLO', as SA se eerste Sotho sprekende Kwaito ster 'Lekgoa'. Lekgoa het Afrika en die res van die wereld laat regop sit. Vier jaar later het Snotkop besluit om in sy moedertaal te sing, oor dinge wat die jeug raak, en so is Snotkop gebore.

'Ek het geskryf oor dinge wat ek nog altyd wou, ek het die songs gebruik om te praat oor dinge wat ons jeug raak, dinge wat seermaak, kwaad maak, gelukkig maak, dinge wat meeste mense te bang is om te sê. Daar is ook 'n baie fun en sexy element in die album, so half tong-in-die-kies, oor verhoudings, gesag en situasies wat 'n direkte impak het op my generasie. Snotkop het hierdie album gebruik om dinge te sê soos dit is…op my manier…"

Die eerste snit van Snotkop se album 'Loslap' is 'n opwindende remake van die welbekende 'Loslappie' wat 'n woeste 'twist' bygekry het, hierdie snit se video het dadelik na die nommer een plek geskiet op MK 89 se top 6@6, was Nr 1 op verskeie trefferlyste reg oor die land en is een van die videos op MK89 se DVD. Snotkop se raunchy, tweede snit en musiek video getiteld 'Vrydagaand' het ook Nr 1 behaal op verskeie radio stasies en is ook te vinde op 'n 5 kompilasie CD's. Snotkop se derde snit van die album 'Ek Wens' se musiek video is een van die land se mees opwindendste videos nog ooit, met regie deur Sean Else en stilering deur supermodel Christina Storm, het hierdie span 'n asemrowende video geskep. 'Ek Wens' het ook onlangs Nr 1 geslaan op die MK89 Top 10.

Snotkop is ook die aanbieder van die baie gewilde program 'Petrolkop' op MK89. Hierdie program is 'n kobinasie van bekendes en vinnige karre. Sterre soos Fokofpolisiekar, Kurt Darren, The Narrow en Chris Chameleon moes elk hul kragte in 'n 'supercharged' Mini Cooper S op 'n professionele resiesbaan insnoer en met Snotkop gesels or hulle ervaringe, loopbane en geheime.

Snotkop het ook 'n baie opwindende webwerf wat om en by 200 besoekers per dag ontvang, daar is heerlike kompetisies vir aanhangers soos die 'Cherrie van die Maand' en 'n afdeling waar jong mense foto's kan instuur van interessante plekke waar hulle gebruik gemaak het van sy stencil en 'n blikkie spuitverf, die stencil met Snotkop se logo is beskikbaar in die omslag van sy 1ste CD.

Hierdie 15-snit album uitgereik deur NEXT MUSIC is beslis nie 'n versameling van rustige liefdesliedjies nie, maar verras eerder met 14 opwindende snitte. Die CD open met die snit 'Juffrou Gouws' 'n tipiese klaskamer toneel tussen aktriese Lizz Meiring en Snotkop wat dan ontplof in 'n reeks energie belaaide liedjies. Met titels soos 'Veg vir jou reg', 'Ek wens', 'My Sarie my Lê', 'Song vir jou' en die slim 'Vrotappel' wat eers baie rustig begin met 'n mooi tjello inleiding en dan los bars in 'n Rock proteslied waarin 'Gaudi Amus Igitur' subtiel ingewerk is sal hierdie album beslis in meeste jong mense se CD versamelings te vinde wees.

Snotkop is geen nuweling tot die vermaaklikheidswêreld nie en het al 3 albums agter sy naam as die bekende, Sotho sprekende kwaito ster 'Lekgoa'. Hy was ook al vir beide 'Sama' en 'Kora All Africa' toekennings genomineer. Snotkop het ook al 'n groot impak gemaak op gehore in Frankryk en London en daar was verskeie internasionale dokumentêre programme verfilm oor die unieke kunstenaar se lewe.

Snotkop was al te siene op meeste van Suid-Afrika se musiek programme en het ook in 2003 vir 'n jaar lank die rol vertolk van 'Nicholis' op SABC1 se populêre sepie 'Generations' en in 2004 'Paul' in 'Sewende Laan' vir 'n jaar lank. Snotkop was ook een van die kunstenaars wat opgetree het by die 2002 Krieket Wêreld Beker opening seremonie wat reg oor die wêreld uitgesaai was.

Snotkop is een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars met 'Sexy Street Cred' en energie wat skrik vir niks. Snotkop se lewendige optredes is 'n belewenis, met 'n vier stuk band en ongelooflike vertonings, is dit geen wonder dat hulle sale propvol met skreeuende aanhangers reg oor die land pak nie! Die Snotkop 'Spring Lewendig' DVD is ook nou beskikbaar en is sekerlik een van die mees opwindendste DVD's tans in Suid Afrika en het sopas 'n SAMA nominasie ontvang VIR BESTE Afrikaanse DVD. Snotkop se tweede alum 'So damn sexy' is pas vrygestel en het al 10 000 kopieë verkoop in die eerste twee weke van vrystelling!

Van Snotkop se top treffers sluit in:

  • Juffrou Gouws
  • Ons gaan dit nie meer vat nie
  • Vrydagaand
  • Loslap
  • Net Soos jy
  • Nog 'n kaans
  • Vrotappel
  • My Sarie my le
  • Ek Wens
  • Ek laaik jou baby
  • Veg vir jou reg

Live bands is an entertainment agent and does not personally manage Snotkop.

Bespreek Beroemde Afrikaanse Sanger Snotkop met Live Bands.

 

Epos Live-Bands
+27 (0)87 943 9437