Theuns Jordaan - Beroemde Afrikaanse Sanger
|
|
Theuns Jordaan is op 10 Januarie 1971 gebore en het grootgeword op hul familieplaas naby Venterstad. Musiek was so sinoniem aan die Jordaan-huishouding soos wat skape aan die Karoo is. Soos alle goeie venootskappe het Theuns Jordaan se ouers 'n 50/50 aandeel in sy liefde vir musiek en tale gehad. Die saadjie was geplant en in Theuns Jordaan se matriekjaar aan die Hoër Volkskool Graaff-Reinet het Theuns Jordaan sy tokse met 'n kitaar begin deel. Soos menige jong manne van sy generasie het Theuns Jordaan aangemeld vir Weermagopleiding in Oudtshoorn. Hier het Theuns Jordaan twee ontdekkings gemaak. Dat deursettingsvermoeë sukses voorafgaan en meer belangrik - dat hy kan sing!
Op Stellenbosch het Theuns Jordaan in Bedryfsielkunde gaan studeer. Soos die lewe nou maar werk het alle groot dinge 'n klein begin en Theuns Jordaans het op 21 Oktober 1992 sy eerste buiging by Upstairs in Stellenbosch gemaak. Die woord was uit en hierna het Theuns Jordaan gereeld by, onder andere, The Terrace opgetree. Vir dié student was dit laat nagte in restaurante en 'n loopbaan het begin in sy koshuiskamer by Majuba manskoshuis. Dit was onafwendbaar dat Theuns Jordaan hier in Stellenbosch, soos Koos Kombuis en Valiant Swart, 'n nuutgevonde passie Afrikaans, soos dit in die volksmond gepraat word, ontdek het. Theuns Jordaan begin luister na Afrikaanse musiek soos Koos du Plessis, Anton Goosen en David Kramer. Dit was nie lank nie of Theuns Jordaan het pen op papier gewaag. Die resultaat was 5 snitte op sy debuutalbum, Vreemde Stad.
Theuns Jordaan was na Universiteit vir 'n jaar entrepeneur en twee jaar later in Oktober 1998 veruil hy die Boland vir Pretoria, Vreemde Stad! Binne 'n jaar het Theuns Jordaan die Jakarandastad aan sy voete gehad. Een van sy aanhangers, met 'n terugblik dalk die belangrikste een (Johan Bakkes), sien Theuns Jordaan se potensiaal raak. 'n Boer maak 'n plan en sy debuut CD, Vreemde Stad, word op Stellenbosch opgeneem. Theuns Jordaan se debuutalbum word by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2000 vrygestel en was die oproer van die kunstefees. Onder die vaandel van EMI Musiek is Vreemde Stad vrygestel. Die eindresultaat was meer stem en beter klank en 'n CD wat reg laat geskied aan Theuns Jordaan se stem en unieke styl. Theuns Jordaan se debuut-album, "Vreemde Stad" , het in Julie 2003 die Trippel Platinum kerf verbygesteek en is dig by die 190 000 (TRIPPEL PLATINUM) eenhede merk.
Theuns Jordaan se tweede album, "Tjailatyd" is op Aardklop 2002 geloods en volg vinnig in die suksesvolle spore van "Vreemde Stad" met ook meer as 190 000 (TRIPPEL PLATINUM) eenhede verkoop. Die bekende kitaarspeler, Anton L'Amour, tree saam met Theuns Jordaan op, en verleen 'n nuwe dimensie aan sy vertonings. Anton was verantwoordelik vir al die kitaarwerk op "Vreemde Stad" sowel as "Tjailatyd". "Tjailatyd" bevat ses selfgekomponeerde snitte sowel as vertolkings van klassieke Afrikaanse liedjies.
In November 2005, op Hoërskool Waterkloof se rugbyveld stel Theuns Jordaan sy derde album bekend “Seisoen” wat 5 van sy eie gekomponeerde snitte bevat waarvan Anton L’Amour weer die regiseur is en verantwoordelik is al die kitaarwerk op die album. Die cd het reeds die 100 000 verkope merk behaal. Met slegs drie albums staan Theuns digby die 500 000 verkope merk, ‘n mylpaal wat nog nie deur ‘n Afrikaanse sanger behaal is nie.
In 2006 besluit Theuns Jordaan om een van sy grootste drome te bewaar deur sy eie platemaatskappy te stig : Theuns Jordaan Productions. Theuns Jordaan neem ook ‘n nuweling, Bobby van Jaarsveld, onder sy vlerk. Duisend ure is Bobby van Jaarsveld se debuutalbum. Die album word herverpak en ook die stemme op die album word oorgedoen by die Coleskes Artists wat ook vir die verspreiding van die album verantwoordelik is. Op die album word daar ‘n nuwe liedjie opgeneem, Waar is jy. Duisend ure, word ook heropgeneem en Anton L’Amour is weer regiseur en doen ook die kitaarwerk op die album.
Na vele oorwegings in die nuwe jaar met nuwe mikpunte besluit Theuns Jordaan om hierdie 7 platinumjare saam te vat en die gehore se gunsteling liedjies saam te stel op "Grootste Treffers 2000 – 2007". Hierdie album was vrygestel in Maart 2007 met ‘n nuwe weergawe van “Hakieshart” eerste keer opgeneem op ‘Vreemdestad” en ook een van Riku Lätti se liedjies Pakpoort, wat ‘n gunsteling is onder sy gehore reg oor die land. In tipiese Theuns Jordaan tradisie is 'n medley/Laslappie op die album ingesluit wat die voete laat jeuk en luisteraars lekker laat saam sing.
Van Theuns Jordaan se top treffers sluit in:
- Soos Bloed
- Jou Asem
- Hakieshart
- Namibsroos
- Hanne
- Beautiful in Beaufort-Wes
- Skipskop
- Hillbrow
- Pakpoort
- Sonvanger
- Vreemde Stad
- Buitekant
- Visserman
- Tjailatyd
- Bietjie van my
- Laslappie
- Bring jou hart
Live bands is an entertainment agent and does not personally manage Theuns Jordaan.
Bespreek Theuns Jordaan met Live Bands.
|