Thys Die Bosveldklong is n baie bekende gesig op TV en het al in programme soos Bangjan Dooiejan, Dis hoe dit is , Stoute boude, Kwêla, DKNT, Pasella, Belboks, Fiesta en Maak n Las sy buiging gemaak. Thys Die Bosveldklong het ook in 2001 by die Maak n Las span aangesluit en was vir vier reekse mede-aanbieder van hierdie gewilde SABC2 reeks.
Thys Die Bosveldklong is ook te sien op Kyknet as aanbieder, vervaardiger en konsephouer van die humoristiese reis-program "Net virrie Grap". Thys Die Bosveldklong toer ook die land vol met sy skaterlag "Rolmodelle" produksie wat saam met kollegas: Zak van Niekerk, Gerhard Odendaaal en Jaco Labuschagne gedoen word.
Thys Die Bosveldklong het ook sy film debuut gemaak in 2002 saam met Steve Hofmeyr in "a Case of Murder " waar Thys Die Bosveldklong die rol van die trein kondukteer vertolk het ! ! ! Die film was al n paar keer op M-net uitgesaai en is ook op dvd beskikbaar.
Thys Die Bosveldklong konserte en musiek is heerlik humoristies en word geluister en geniet deur oud & jonk. Thys Die Bosveldklong sing oor als wat snaaks is (somtyds die snaaks in ernstige situasies) en skeer graag die gek met alles en almal (insluitend homelf). Thys Die Bosveldklong se konserte is baie gewild en skreeusnaaks. Mense stroom na Thys Die Bosveldklong se vertonings om na sy kwinkslae en lekker voete- jeuk musiek te luister. Thys Die Bosveldklong se musiek en humor is vir die hele gesin ….. selfs die dominee ook !
Thys Die Bosveldklong is ook bekend as n hardwerkende man wat nie sommer na 12h00 in die middag nog in die bed sal deurbring nie. Hy's gewoonlik op sodra die son deur sy kamervenster skyn (kamer aan weste kant van sy huis). Thys Die Bosveldklong is in 2009 getroud met Debbie Streicher. Sy is n binnehuise versierder en ontwerper. Deesdae moet die beroep kompeteer met n fris jong baba-seuntjie genaamd Stiaan Streicher (gebore: 25 Julie 2010), wat al sy mamma se aandag en energie verg! Thys Die Bosveldklong se broer, Piet Streicher toer altyd saam en behartig die klanksisteem en beligting, kantoor, produkte en verkope by die vertonings. Broerpiet (soos almal hom noem) is n gesoute klankman en doen ook gereeld klank en beligting vir verskeie kunstenaars met feeste en ander geleenthede. Piet is ook Thys Die Bosveldklong se venoot in hul familie besigheid "Bosveldklong Promosies & Produksies". Die twee broers werk al vir 12 jaar saam, is beste maats en onafskeidbaar.
Thys Die Bosveldklong is ook n gekwalifiseerde afslaer, (SA College of Auctioneering 2007, Goue Diploma vir 85% slaagsyfer) en kan genader word om jou volgende veiling te behartig.Thys Die Bosveldklong doen gereeld liefdadigheids funksies en samel groot bedrae in met sy veilings. Thys Die Bosveldklong is ook die afgelope drie jaar amptelike ambassadeur en beskermheer vir die Downsindroom Vereniging van Pretoria.
Thys Die Bosveldklong is trots Afrikaans en gebruik Engels net uit self verdediging. Thys Die Bosveldklong se stokperdjies sluit als in van teken, scuba-duik, valskermspring, motorfiets ry, vlieg-hengel, lees, braai, kuier, vakansie hou tot rekspronge ! (met daai lyfie – kan jy glo?).
Thys Die Bosveldklong sê "lag hou jou gesond!" en mens moenie die lewe te ernstig opgeneem nie want jy kom nie lewendig daar uit nie!!!
Live bands is trots om Thys Die Bosveldklong op ons boeke te he.
Van Thys Die Bosveldklong treffers sluit in:
- In die Middel
- Ou Bobbejaan
- Tokolosh
- Swaai daai ding
- I do not work
- Polokwane
- Fat Fun
- Bokkoors
- Mama do not let your Babies
- A boy named Sue
- Bye Bye Trestle
Bespreek Thys Die Bosveldklong met Live Bands nou.
|